Pages

Saturday, June 8, 2013

Hertogin van Clanwilliam se besoek aan Clanwilliam, Wes Kaap in 1990

26/2/90


In Februarie 1990 is Clanwilliam vereer deur ‘n besoek van Hertogin Catherine Clanwilliam (66) die weduwee van die 6de Hertog van Clanwilliam, (John Charles Edmund Carson Meade(1914–1989)) Die 7de  Hertog John Herbert Meade, is in 2009 oorlede en die huidige hertog is sy seun Patrick James Meade, gebore in 1960.

Die dorp Clanwilliam, aan die voet van die Cederberge, is in 1814 so vernoem deur Sir John Cradock. Sy skoonvader was die destydse Hertog van Clanwilliam in Suid Ierland. Die dorp was voorheen bekend as Jan Disselsvlei.

Die Hertogin is vergesel deur haar skoonseun en dogter, Christopher en Kate Wills. Aangesien die hertogin 6 dogters het, is die titel deur ‘n neef ge-erf.

Die destydse familie tuiste van die Clanwilliam’s Gill Hall in Suid Ierland, bestaan ongelukkig nie meer nie. Die huis is in 1969 deur ‘n vuur vernietig. Lady Catherine se skoonmoeder het geweier om daar te woon omdat dit daar spook. Haar skoonvader het toe ‘n nuwe tuiste in Noord Ierland gebou. In 1990 het die hertogin in Engeland gewoon om nader aan haar 6 dogters en 9 kleinkinders te wees.

Die besoek is sover bekend die eerste keer dat enige lid  van die familie Clanwilliam besoek. Hulle is op ‘n luisterryke wyse ontvang, Tydens ‘n spesiale raadsvergadering, met die Raadslede in ampsgewaad, is die Vryheid van die dorp aan die hertogin oorhandig. Die dokument is in ‘n pragtige sederhoutkissie geplaas. ‘n Ruiker blomme en en ‘n foto-album van die omgewing is ook aan die Hertogin geskenk. Daarbenewens is ‘n erf van 2000 vk m aan haar geskenk, met die voorwaarde dat dit nagelaat sal word aan die houer van die titel Hertog van Clanwilliam.

Die Hertogin het in haar bedanking gese dat haar man altyd geweldig baie belang gestel het in Clanwilliam en dat hy baie trots sou gewees het om te sien dat die leuse op sy familiewapen “Toujours Pret” (Altyd Gereed) ook op die dorp se wapen verskyn.

Die hele gesin stel baie belang in natuurbewaring en het Sabi Sand in Limpopo besoek. Van Clanwilliam sou hulle na familie van Christopher Wills in Kwazulu Natal gaan. Die hertogin se dogter, Lady Cate Wills, het Vrydagoggend vroeg die geleentheid gebruik pm op ‘n kort wandeling in die Cederberg te gaan en was baie beindruk met die ongerepte natuurskoon.

Rolling Stones She's A Rainbow Lyrics


Songwriters: JAGGER, MICK / RICHARDS, KEITH
She comes in colors everywhere; 
She combs her hair 
She's like a rainbow 
Coming colors in the air 
Oh, everywhere 
She comes in colors 

She comes in colors everywhere; 
She combs her hair 
She's like a rainbow 
Coming colors in the air 
Oh, everywhere 
She comes in colors 

Have you seen her dressed in blue
See the sky in front of you 
And her face is like a sail 
Speck of white so fair and pale 
Have you seen the lady fairer

She comes in colors everywhere; 
She combs her hair 
She's like a rainbow 
Coming colors in the air 
Oh, everywhere 
She comes in colors 

Have you seen her all in gold
Like a queen in days of old 
She shoots colors all around 
Like a sunset going down 
Have you seen the lady fairer

She comes in colors everywhere; 
She combs her hair 
She's like a rainbow 
Coming colors in the air 
Oh, everywhere 
She comes in colors 

She's like a rainbow 
Coming colors in the air 
Oh, everywhere 
She comes in colors